ONTWIKKELINGSFINANSIERING, KONTANT- EN BELASTINGTOELAES
Verskeie regeringsdepartemente bied finansiële ondersteuningsprogramme aan die privaatsektor om die doelstellings van hulle strategiese ekonomiese beleidsprogramme te bevorder. Tradisioneel is die ondersteuning in die vorm van nie-terugbetaalbare kontanttoelaes wat bereken word as persentasie van die kapitaalkoste van die aansoeker se projek. Die tendens is egter nou... weg van daardie tipe aansporings, na 'n konsep wat bekend staan as gemengde finansieringskemas (Eng. Blended Finance). Hierdie metode bied 'n meer volledige oplossing met 'n kleiner risiko van mislukking, omdat aansoeke onderwerp word aan deeglike doenbaarheidsondersoeke deur finansieringsinstansies. Om dit te kan doen, vereis deeglike kennis van die betrokke sektor of industrie, daarom word gemengde finansieringsprogramme meestal deur ontwikkelingsfinansieringsinstansies (OFI's) bestuur. As gevolg hiervan word 'n aantal programme deesdae deur OFI's aangebied en nie meer deur staatsdepartemente nie. Dit is ook moontlik dat gemengde finansieringsprogramme in die toekoms deur instansies in die privaatsektor aangebied sal word, byvoorbeeld deur kommersiële banke.
By Dectra gebruik ons ons eie modelleringsprogram om die finansiële implikasies van projekte oor 'n periode van 4 tot 7 jaar te projekteer. Ons gebruik dit ook wanneer ons aansoeke vir finansiering of gemengde finansiering van OFI's opstel. Dectra het 'n assosiasie met 'n onafhanklike finansieringsinstansie wat fakture verdiskonteer en finansiering vir die vervaardiging van bestellings verskaf. Die kliënt verkoop een of meer individuele verkoopsfakture wat uitgereik is vir goedere of dienste reeds gelewer, aan die finansieringsinstansie, en ontvang onmiddellike betaling. Net so kan nuwe bestellings verkoop word om onmiddellik werkskapitaal vir die uitvoer van daardie bestellings te bekom. Hierdie metode word algemeen gebruik deur besighede wat nie by banke finansiering kan kry nie vanweë 'n gebrek aan sekuriteit of omdat hulle nog nie lank genoeg in bedryf is nie. Die fasiliteit is buigbaar en daar is oor die algemeen geen perk op die bedrag beskikbaar nie. Hoewel mense soms dink dat dit duur is, is dit goedkoper as die tipiese afslag vir kontant wat jou klante sou verlang.
Wat is 'n Ontwikkelingsfinansieringsinstansie (OFI)?
Die regering besit 'n aantal entiteite wat fokus op die finansiering van nuwe kommersiële projekte, of uitbreidings van bestaande projekte deur die privaatsektor, in verskillende sektore van die ekonomie. In stede daarvan om op bewese kontantvloei en kollaterale sekuriteit te vertrou, doen hulle tipies 'n doenbaarheidsondersoek om die ekonomiese meriete van die beplande projek te verifieer. Sulke entiteite staan bekend as Ontwikkelingsfinansieringsinstansies of OFI's (Eng. Development Finance Institutions of DFI's).
Wat is gemengde finansiering?
Gemengde finansiering is 'n pakket van projekfinansiering waarvan 'n gedeelte omgeskakel word na 'n nie-terugbetaalbare toelae. Die proporsie wat omgeskakel word verskil van program tot program. Soms word ook die rente op die oorblywende lening geskrap of gesubsidieer.
Waar om inligting te kry
Inligting oor die verskillende aansporingsprogramme kan gewoonlik gevind word op die webblaaie van staatsdepartemente en OFI's, of by spesialiste soos Dectra. Skryf in op ons maandelikse nuusbriewe om op hoogte te bly met die jongste verwikkelinge.
Skakels na OFI's en staatsdepartemente wat aansporingsprogramme aanbied
• Ontwikkelingsbank van Suidelike Afrika (DBSA)
• Nywerheidsontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika (IDC)
• Landbank
• Nasionale Bemagtigingsfonds (NEF)
• Kleinsake Finansieringsagentskap (SEFA)
• Jobs Fund
• Departement van Handel, Nywerheid en Kompetisie (DTIC)
• Departement van Toerisme
• Departement van Wetenskap en Innovasie
• Departement van Minerale en Energie
• Departement van Hoër Opvoeding en Opleiding
SAKEPLANNE EN FINANSIËLE MODELLERING
WERKSKAPITAAL WANNEER JY DIT NODIG HET