ONS BENADERING
Jou besluit om te belê in 'n uitbreiding of nuwe projek word beïnvloed deur die beskikbaarheid van regeringshulp. Hoe moet die projek gestruktureer word en wat is die tydsraamwerk en beperkings van die spesifieke program?
Die hulp wat deur die aansporingsprogramme gebied word, kan dikwels eers opgeëis word nadat die belegging gemaak is en slegs indien sekere kriteria nagekom is. Aansoeke vir ontwikkelingsfinansiering vereis weer baie voorbereidingswerk en lywige pakke dokumente en aansoekvorms. Dit is raadsaam om 'n spesialis soos Dectra te gebruik vir advies en riglyne, en om jou deur die proses te help.
Kontak ons vir 'n kort gesprek sonder koste om te bevestig of jou projek wel pas binne die basiese vereistes van 'n spesifieke aansporingsprogram.
Wanneer jy ons aanstel om voort te gaan, is ons eerste taak om jou projek deeglik te evalueer en om ons bevindinge uiteen te sit in 'n volledige adviesbrief. Dit sluit advies in oor hoe om die projek te struktureer om sukses met die aansoek te behaal.
Stap twee is die beplanning van tydlyne vir die voltooiing van die aansoek, toedeel van verantwoordelikhede en die insameling van inligting wat ons nodig het om 'n volledige aansoek in te dien.
Die laaste stap - die eis van die subsidie (waar van toepassing) - hang daarvan af of ons kliënt die vereistes soos aangedui in die goedkeuringsbrief van die betrokke owerheid, kan haal. Dectra staan kliënte hierin by. Ons taak is voltooi wanneer ons kliënt die finansiering of toelae ontvang het.
Dit is gewoonlik moontlik om die sukses van ons diens in monetêre terme te meet. Dit is dan moontlik om ons tarief aan die sukses te koppel.