28 Mei 2010: H&N se nuwe aansporingsprogram vir die tekstiel-industrie

Die Production Incentive Program (PI) is onlangs bekend gestel en sal tot 31 Maart 2015 beskikbaar wees. Die program word deur die NOK geadministreer en die doel daarmee is om die klere-, tekstiel- en skoeisel industrieë te help om hulle kompeterende posisie te versterk deur hulle produksiedoeltreffendheid te verbeter. Die PI staan los van die Clothing and Textiles Competittiveness Improvement Program (CTCIP), maar die twee werk in tandem en aansoekers kan die voordele kombineer. Dectra bied 'n evaluasiediens aan om kliente te help vasstel of hulle wel kwalifiseer. Na evaluasie sal ons ons bevindings en advies skriftelik aan die kliënt oordra.

JONGSTE NUUS

3 Julie 2017: Beste EMIA kliënt

Ons het pas van DTI verneem dat hulle die EMIA aanbod verbeter het.
Lees verder...

 
Level 4 BEE Certified 100% Recognition  

Dectra word eenkeer per jaar geevalueer en ‘n kopie van ons sertifikaat is op aanvraag beskikbaar.

ICA - Icentive Consultants Association Member  

Die ICA is 'n vrywillige vereniging wat hulle beywer vir goeie etiese- en kwaliteitstandaarde van hul lede, asook vir die bevordering van kommunikasie en goeie werksverhoudings met die Departement van Handel en Nywerheid. Dectra is 'n stigterslid van die ICA.

www.incentiveconsultants.co.za

SABS - ISO 9001  

Ons kliënte vertrou ons met waardevolle transaksies en het die versekering nodig dat ons oor die beste kundigheid asook goeie interne beheerstelsels beskik. Ons gesertifiseerde ISO 9001 kwaliteitsbestuurstelsel verskaf daardie versekering.

www.sabs.co.za