Beleggers in kapitale projekte is altyd op die uitkyk vir staatshulp!

4 Augustus 2010

Beleggers in kapitale projekte is altyd op die uitkyk vir staatshulp!

Hieronder is ‘n kort lysie met van die belangrikste hulpprogramme wat op die oomblik beskikbaar is van die Departement Handel en Nywerheid.

  1. Die vervaardigingsektor en die toerismesektor kan aansoek doen vir ‘n EIP kontanttoelae. Die program is nou sowat twee jaar oud en loop al redelik vlot. Dis die enigste belastingvrye toelae tans en kan by nuwe-, sowel as uitbreidingsprojekte benut word. Ons hanteer baie van hierdie aansoeke en staan gereed om jou/ jou kliënt te adviseer.
  2. Vrugtepakhuise kan ook van bogenoemde EIP gebruik maak.
  3. Die tekstiel-industrie word nou sterk ondersteun deur die Production Incentive Program (PI). Hoe klink 10% van bruto wins as ‘n skenking vir spandering op toerusting, opleiding, ens?
  4. Die filmindustrie geniet al ‘n paar jaar lank ondersteuning van die Departement. Let gerus op wanneer jy weer ‘n Suid-Afrikaanse film gaan kyk, na die lys van erkennings aan die einde van die film. Die Departement se naam sal verseker daar verskyn, danksy hulle bydrae van 25% tot 35% van produksiekoste. Die ondersteuning is ook vir internasionale films beskikbaar wat hier geskiet word.
  5. Groot nywerheidsprojekte op soek na ‘n belastingvakansie kan nou kwalifiseer vir tot 55% addisionele belastingtoelae in terme van artikel 12i van die belastingwet. Dit geld vir uitbreidingsprojekte vanaf so klein as R30 miljoen en nuwe projekte van so klein as R200 miljoen. Die Departement van finansies het die skema pas goedgekeur.

Daar’s nog vele meer kontantsubsidies beskikbaar, bv. vir uitvoerbevordering, oproepsentrums en swart besighede. Die NOK bied ook tans lae rentekoers-lenings aan. Die lys van hulpprogramme het die afgelope jaar of wat inderdaad baie uitgebrei. Mens het meer as ‘n kort briefie nodig om alles oor te dra! Dectra nooi jou graag om ons te kontak vir ekspert advies en ‘n skriftelike professionele opinie, sonder koste of verpligtinge.

Theo Meintjes
Besturende Direkteur.

JONGSTE NUUS

3 Julie 2017: Beste EMIA kliënt

Ons het pas van DTI verneem dat hulle die EMIA aanbod verbeter het.
Lees verder...

 
Level 4 BEE Certified 100% Recognition  

Dectra word eenkeer per jaar geevalueer en ‘n kopie van ons sertifikaat is op aanvraag beskikbaar.

ICA - Icentive Consultants Association Member  

Die ICA is 'n vrywillige vereniging wat hulle beywer vir goeie etiese- en kwaliteitstandaarde van hul lede, asook vir die bevordering van kommunikasie en goeie werksverhoudings met die Departement van Handel en Nywerheid. Dectra is 'n stigterslid van die ICA.

www.incentiveconsultants.co.za

SABS - ISO 9001  

Ons kliënte vertrou ons met waardevolle transaksies en het die versekering nodig dat ons oor die beste kundigheid asook goeie interne beheerstelsels beskik. Ons gesertifiseerde ISO 9001 kwaliteitsbestuurstelsel verskaf daardie versekering.

www.sabs.co.za