Dectra was op 1 Oktober 2010 een en twintig jaar oud!

Dectra 21ste
Dectra 21ste
Dectra 21ste
Dectra 21ste
Dectra 21ste

4 Oktober 2010

Ons het dit gevier met 'n lekker makietie op die pragtige Kaapse wynplaas, Delheim. Ons gaste was die stigter, Ann Terblanche en personeel wat oor die afgelope 21 jaar in die firma se diens was.

In die moderne wêreld is 21 jaar 'n lang tyd, omdat tegnologie so vinnig ontwikkel en kommunikasie so ontsettend gevorderd is. Daarom is Dectra se 21 jaar vir ons 'n groot mylpaal.

Die firma is op 1 Oktober 1989 gestig deur Ann Terblanche, toe sy op haar eentjie 'n kantoor gaan oopmaak het in BreŽ straat, Kaapstad, en begin het om kliente te werf vir haar besigheid as spesialiskonsultant op die Departement van Handel en Nywerheid se nywerheidshulpprogramme. Gedurende 1992 het ek by haar aangesluit en toe was ons presies drie persone in diens van die firma. Vandag is dit steeds 'n klein besigheid, maar ons het 'n groot naam gebou en ons word gerespekteer deur die mark, sowel as ons opponente, ander professionele firmas en selfs Die Departement.

'n Goeie reputasie is iets wat alle besighede begeer en vertroetel as hulle dit het, want in die wêreld van die vryemark is kompetisie sterk. Net die beste is goed genoeg. Niemand kan bekostig om 'n reputasie te verwerf van swak diens of kwaliteit, of van oneerlikheid nie. Ons by Dectra streef eerstens daarna om hierdie basiese vereistes na te kom.

  • 'n Professionele dienstefirma moet eerstens goeie kwaliteit werk lewer. Dectra het 'n ISO 9001 kwaliteitsbeheerstesel ingestel om seker te maak ons kry dit reg en sodat die mark vertroue kan hê in die kwaliteit van ons werk.
  • Ons uitgangspunt is dat goeie kliŽntediens ons heel belangrikste bemarkingspunt is. Om seker te maak ons laat kliŽnte nie in die steek nie, is byna al ons tariewe onderhewig aan sukses.
  • Eerlikheid is ons firma se lewensfilosofie.

Baie dankie aan elke kliŽnt en elke organisasie wat ons oor die jare ondersteun het. Daar sou geen Dectra gewees het sonder julle nie.

Theo Meintjes
Besturende Direkteur.

JONGSTE NUUS

3 Julie 2017: Beste EMIA kliënt

Ons het pas van DTI verneem dat hulle die EMIA aanbod verbeter het.
Lees verder...

 
Level 4 BEE Certified 100% Recognition  

Dectra word eenkeer per jaar geevalueer en ‘n kopie van ons sertifikaat is op aanvraag beskikbaar.

ICA - Icentive Consultants Association Member  

Die ICA is 'n vrywillige vereniging wat hulle beywer vir goeie etiese- en kwaliteitstandaarde van hul lede, asook vir die bevordering van kommunikasie en goeie werksverhoudings met die Departement van Handel en Nywerheid. Dectra is 'n stigterslid van die ICA.

www.incentiveconsultants.co.za

SABS - ISO 9001  

Ons kliënte vertrou ons met waardevolle transaksies en het die versekering nodig dat ons oor die beste kundigheid asook goeie interne beheerstelsels beskik. Ons gesertifiseerde ISO 9001 kwaliteitsbestuurstelsel verskaf daardie versekering.

www.sabs.co.za