Dept. Handel en Nywerheid vat vlam

Alles kan nie altyd verkeerd gaan nie, en dit geld ook vir die departement van Handel en Nywerheid.

Enterprise Investment Program (EIP)

Die program is in sy derde jaar en goed op dreef. H & N het hulle verwerking van aansoeke gerekenariseer en hulle vlieg behoorlik deur die aansoeke. Ons vind deesdae dat uitslae op aansoeke binne drie maande beskikbaar is. As mens terugdink aan die SMEDP waar aansoeke dikwels twee jaar geneem het, is dit ongelooflik vinnig.

Eise beweeg ook redelik, maar beslis nie vinnig nie. Ons advies aan kliënte is tans dat dit gemiddeld 6 maande neem voor 'n eis uitbetaal word. Maar, hulle is besig met rekenarisering van die eise en ons hoop dit sal binnekort gereed wees.

Hierdie baie populêre program bied 'n subsidie op investeringskoste van nuwe- en uitbreidingsprojekte in vervaardiging en toerisme. Pakhuise word hierby ingesluit en dit blyk dat groentepakhuise ook nou kwalifiseer.

Black Business Supplier Development Program (BBSDP)

Die BBSDP is nou aan die gang. So ver ons weet is geen eise al uitbetaal nie, maar hulle het wel al aansoeke goedgekeur.

Ons vermoed daar gaan 'n dik stroom aansoeke wees, want die geakkrediteerde netwerkers (eng. Network fasilitators ) het 'n uitstekende aansporing om die program te bemark: H & N betaal hulle om kliënte se aansoeke op te stel.

Hierdie program betaal 'n subsidie aan enige vorm van kommersiŽle besigheid met 'n meerderheid swart aandeelhouding, op die koste om hulle besigheid meer doeltreffend en meer kompeterend te maak. Dit val in twee kategorieŽ: aankoop van toerusting (35% subsidie) en die gebruik van professionele dienste (80% subsidie).

Artikel 12i belastingtoelae: Industrial Policy Projects

Hierdie program is ook uiteindelik aan die gang en aansoeke word deurlopend verwerk. Die jongste aanduidings is dat dit omtrent 2 maande sal neem om uitslae te kry op 'n aansoek.

Art 12i is gemik op die groot kanonne. Nuwe- en uitbreidingsprojekte in die vervaardigingsbedryf kom in aanmerking. Die hoofvereiste is die besparing van energie deur middel van nuwe ontwerpmetodes en die gebruik van die jongste beskikbare tegnologie.

Hoeveel weet jy van hierdie programme? Dectra is die spesialiste. Kontak ons om te hoor presies wie kom in aanmerking en hoe werk dit.

Theo Meintjes
Besturende Direkteur: Dectra

JONGSTE NUUS

3 Julie 2017: Beste EMIA kliënt

Ons het pas van DTI verneem dat hulle die EMIA aanbod verbeter het.
Lees verder...

 
Level 4 BEE Certified 100% Recognition  

Dectra word eenkeer per jaar geevalueer en ‘n kopie van ons sertifikaat is op aanvraag beskikbaar.

ICA - Icentive Consultants Association Member  

Die ICA is 'n vrywillige vereniging wat hulle beywer vir goeie etiese- en kwaliteitstandaarde van hul lede, asook vir die bevordering van kommunikasie en goeie werksverhoudings met die Departement van Handel en Nywerheid. Dectra is 'n stigterslid van die ICA.

www.incentiveconsultants.co.za

SABS - ISO 9001  

Ons kliënte vertrou ons met waardevolle transaksies en het die versekering nodig dat ons oor die beste kundigheid asook goeie interne beheerstelsels beskik. Ons gesertifiseerde ISO 9001 kwaliteitsbestuurstelsel verskaf daardie versekering.

www.sabs.co.za