Finansiering

5 April 2016

Dectra het sy finansieringsdiens afgestof en in die mark gaan soek vir finansiers met 'n kompeterende voordeel. Ons het die ideale finansiering in die privaatsektor gevind vir hierdie tipe besighede.

  • Leningsfinansiering vir boerdery en die verwerking van landbouprodukte. Geen BEE vereistes.
  • 'n Pakket van kommersiële finansiering, kommersiële waarborge en subsidies vir opkomende boere.
  • Nuwe- of uitbreidingsprojekte wat arbeidsintensief is - enige tipe besigheid. Lae rentekoers. Geen BEE vereistes.
  • Finansiering vir besighede wat help om die verbruik van water of energie te verminder en die bestuur van afval of uitlaatgasse te verbeter. Maksimum R10 miljoen. Geen BEE vereistes.

Ons sal jou graag ontmoet om jou situasie te evalueer en die moontlike finansieringsopsies met jou te bespreek.


JONGSTE NUUS

3 Julie 2017: Beste EMIA kliënt

Ons het pas van DTI verneem dat hulle die EMIA aanbod verbeter het.
Lees verder...

 
Level 4 BEE Certified 100% Recognition  

Dectra word eenkeer per jaar geevalueer en ‘n kopie van ons sertifikaat is op aanvraag beskikbaar.

ICA - Icentive Consultants Association Member  

Die ICA is 'n vrywillige vereniging wat hulle beywer vir goeie etiese- en kwaliteitstandaarde van hul lede, asook vir die bevordering van kommunikasie en goeie werksverhoudings met die Departement van Handel en Nywerheid. Dectra is 'n stigterslid van die ICA.

www.incentiveconsultants.co.za

SABS - ISO 9001  

Ons kliënte vertrou ons met waardevolle transaksies en het die versekering nodig dat ons oor die beste kundigheid asook goeie interne beheerstelsels beskik. Ons gesertifiseerde ISO 9001 kwaliteitsbestuurstelsel verskaf daardie versekering.

www.sabs.co.za