'n Nuwe program is pas bekend gestel en is oop vir aansoeke.

24 Mei 2017

Geagte Kliënte, Medewerkers en Kollegas

Hierdie subsidieprogram, die Agro-processing Support Scheme (APSS), het betrekking op aktiwiteite wat plaasvind ná die oes van produkte. Die program blyk redelik generies te wees en is klaarblyklik gemik op klein tot medium ondernemings. Daar is gerugte dat 'n meer gespesialiseerde program vir groter ondernemings later gaan volg.

Die belangrikste eienskappe en vereistes van die APSS
Die volgende definisie sal help om kwalifiserende aktiwiteite te verstaan: Agro-processing/beneficiation entails changing the form of a product originating from agriculture, forestry and fisheries. Die program dek Voedsel en Drank, Meubels, Vesel, Voere, Voere, en subsidieer in die geval van voedsel en drank, ook rypmaak, verpakking en stoor van produkte.

Nuwe projekte, sowel as uitbreidings kom in aanmerking en die subsidie wissel van 20% tot 30%, met 'n maksimum subsidiebedrag van R20 miljoen. Uitgawes wat gesubsidieer word sluit in, nuwe toerusting, kommersiële voertuie, geboue, asook koste ter verbetering van kompeterende posisie. Bates wat reeds aangekoop is, kom nie in aanmerking nie. Projekte wat reeds in produksie is, is eweneens uitgesluit.

Die uitdagings in hierdie program lê volgens ons in die vereistes rondom BEE gradering (vlak 4) en gebruik van swart verskaffers (minstens 30% van insette).

Soos met enige nuwe program se reëlboek is daar hier ook 'n paar anomalieë. Hierdie keer gaan dit oor die tydsberekening van aansoeke en die begindatum van projekte. Ons is besig met navrae om die onduidelikheid uit te klaar.

Kontak ons gerus vir meer inligting of as jy graag wil aansoek doen.


Groete

Direkteure
Theo Meintjes
Petrus le Roux

JONGSTE NUUS

3 Julie 2017: Beste EMIA kliënt

Ons het pas van DTI verneem dat hulle die EMIA aanbod verbeter het.
Lees verder...

 
Level 4 BEE Certified 100% Recognition  

Dectra word eenkeer per jaar geevalueer en ‘n kopie van ons sertifikaat is op aanvraag beskikbaar.

ICA - Icentive Consultants Association Member  

Die ICA is 'n vrywillige vereniging wat hulle beywer vir goeie etiese- en kwaliteitstandaarde van hul lede, asook vir die bevordering van kommunikasie en goeie werksverhoudings met die Departement van Handel en Nywerheid. Dectra is 'n stigterslid van die ICA.

www.incentiveconsultants.co.za

SABS - ISO 9001  

Ons kliënte vertrou ons met waardevolle transaksies en het die versekering nodig dat ons oor die beste kundigheid asook goeie interne beheerstelsels beskik. Ons gesertifiseerde ISO 9001 kwaliteitsbestuurstelsel verskaf daardie versekering.

www.sabs.co.za