Uitvoer Bemarking en Belegging Bystand (EMIA)
3 Julie 2017
Beste EMIA kliënt
- Aansoekers sal nou weer soos voorheen, 4 geleenthede per jaar kry om aansoek te doen vir subsidies op Individuele skoue en Primêre Marknavorsingsreise (PMR). Enige kombinasie van die twee kan benut word, met 'n maksimum van 4 per jaar.
- Verder kan aansoekers nou tot 4 maal vir Nasionale Pawiljoene aansoek doen, en tot 2 maal vir groep-handelsendings.
- 'n Onafhanklike ouditmening word nie meer vir alle maatskappye vereis nie. Van nou af is die ouditverslag wat die maatskappyewet vir jou onderneming voorskryf, weer goed genoeg, maar dit sal gaaf wees as jou ouditeure 'n brief kan verskaf om te bevestig dat die ouditverslag wat hulle aanheg inderdaad voldoen aan die maatskappyewet-vereistes.
Wat 'n verligting!
Baie dankie vir jou ondersteuning in die verlede, en ons staan gereed om weer ons dienste aan te bied. Kontak gerus ons spesialiskonsultant, Malinda Hugo, om jou planne en reise te bespreek. Malinda sal 'n volledige evaluasie doen en vir jou 'n advies- en opiniebrief skryf.
Onthou, dit neem op die oomblik sowat 2 maande om 'n uitslag op jou aansoek te kry. Dus, as die EMIA subsidie vir jou belangrik is, sal jy jouself baie angs en frustrasie spaar deur vroegtydig aansoek te doen.
Groete
Direkteure
Theo Meintjes
Petrus le Roux