Ervaar jy kontantvloei-druk?

16 Januarie 2019

Beste kliënt

Ons het finansiering beskikbaar om kliente wat kontantvloei-druk ervaar te help.

Deur faktuur-verdiskontering te gebruik om finansiering te verskaf, kan ons by swak balansstate verby kyk. In plaas daarvan kyk ons na die kwaliteit van jou klient.

Ons verifikasieproses is vinnig. As al die inligting beskikbaar is, kan ons jou fasiliteit binne enkele dae gereed hé.

Let wel, faktuurverdiskontering is 'n vorm van werkskapitaal en kan slegs gebruik word in die geval van bestaande besighede.

Stuur vir my 'n e-pos of bel 021-9397496 en vra om met ' n direkteur te praat.

Met ons finansiele bystand kan 2019 dalk 'n jaar word om na uit te sien!

Groete

Theo Meintjes
Besturende Direkteur.

JONGSTE NUUS

16 Januarie 2019: Ervaar jy kontantvloei-druk?

Ons het finansiering beskikbaar om kliente wat kontantvloei-druk ervaar te help.
Lees verder...

 
Level 4 BEE Certified 100% Recognition  

Dectra word een keer per jaar geevalueer en ‘n kopie van ons sertifikaat is op aanvraag beskikbaar.

ICA - Icentive Consultants Association Member  

Die ICA is 'n vrywillige vereniging wat hulle beywer vir goeie etiese- en kwaliteitstandaarde van hul lede, asook vir die bevordering van kommunikasie en goeie werksverhoudings met die Departement van Handel en Nywerheid. Dectra is 'n stigterslid van die ICA.

www.incentiveconsultants.co.za

ISO 9001

 

Ons kliënte vertrou ons met waardevolle transaksies en het die versekering nodig dat ons oor die beste kundigheid asook goeie interne beheerstelsels beskik. Ons ISO 9001: 2015 kwaliteitsbestuurstelsel verskaf daardie versekering.