APSS heropen vir aansoeke April 2019

5 April 2019

Beste kliënt

DIE Agro-Processing Support Scheme ("APSS") het op 1 April heropen vir aansoeke.

Anders as tevore is die program nou permanent oop. Dit beteken egter nie dat dit nooit weer gaan sluit nie.

Gewoonlik word 'n hulpprogram gesluit wanneer daardie program se begroting uitgeput is en dit maak dinge eintlik baie onseker. Ons advies is dat jy so vroeg as moontlik inspring om teleurstelling te voorkom.

Ons het verwag dat die APSS se reëls aangepas sou word voor dit heropen, maar helaas, die reĆ«lboek is steeds woord vir woord dieselfde.

Soos sy naam aandui, is hierdie program uistluitlik gemik op verwerkers van landbouprodukte. Dit sluit ook pakstore en die vervaardiging van veevoer en kunsmis in. Dit sluit egter ook die verwerking van vesel in, sowel as meubelvervaardiging.

  • Die APSS is oop vir nuwe projekte sowel as uitbreidings.
  • Die program bied subsidies van tussen 20% en 30% aan op die koste van kapitaalgoedere.
  • Jy kan onmiddellik na goedkeuring jou volle subsidie eis op wat jy reeds gespandeer en in gebruik geneem het, en weer later indien jy nog bates gaan aankoop.
  • Daar is uitdagende transformasievereistes.
  • Jy moet vooruit aansoek doen.

Ons sal graag aan jou advies verskaf oor alle aspekte van die program en sal 'n behoorlike evaluasie doen om te sien of jy kan kwalifiseer. Ons sal dit alles ook skriftelik bevestig.

Kontak my gerus per e-pos of bel 021 939 7496 en vra om met 'n ekspert te praat.

Groete
Theo Meintjes

JONGSTE NUUS

5 April 2019: APSS heropen vir aansoeke April 2019

DIE Agro-Processing Support Scheme ("APSS") het op 1 April heropen vir aansoeke.
Lees verder...

 
Level 4 BEE Certified 100% Recognition  

Dectra word een keer per jaar geevalueer en ‘n kopie van ons sertifikaat is op aanvraag beskikbaar.

ICA - Icentive Consultants Association Member  

Die ICA is 'n vrywillige vereniging wat hulle beywer vir goeie etiese- en kwaliteitstandaarde van hul lede, asook vir die bevordering van kommunikasie en goeie werksverhoudings met die Departement van Handel en Nywerheid. Dectra is 'n stigterslid van die ICA.

www.incentiveconsultants.co.za

ISO 9001

 

Ons kliënte vertrou ons met waardevolle transaksies en het die versekering nodig dat ons oor die beste kundigheid asook goeie interne beheerstelsels beskik. Ons ISO 9001: 2015 kwaliteitsbestuurstelsel verskaf daardie versekering.